Die Kerk ten doel het om die beginsels van die Bybel, as die Woord van die drie-enige God, met die fokus op die leer van Jesus Christus, as Hoof van die Kerk, soos in die ganse Heilige Skrif neergelê, op alle terreine en onder alle mense, ooreenkomstig Sy wil, te verkondig, tot opbouing en uitbreiding van die liggaam van Christus op aarde en om ‘n doelbewuste strewe na die eenheidsband tussen die gelowiges uit alle Christelike denominasies, te versterk en aan te wakker, asook om elke lidmaat, gemeenskap en nasie te transformeer tot ‘n ware dissipel van Jesus Christus en ook; om die beginsels van die leer van Jesus Christus, as Hoof van die kerk, soos in die ganse Heilige Skrif neergelê, op alle terreine en onder alle mense, ooreenkomstig Sy wil te verkondig tot opbouing en uitbreiding van die liggaam van Christus op aarde en om ‘n doelbewuste strewe om die eenheidsband tussen die gelowiges uit alle Christelike denominasies te versterk en aan te wakker en om ‘n beter verstandhouding en samewerking onder alle mense te bewerkstellig.
Ons is Pinkstermense wat glo in wedergeboorte, deur waaragtige bekering, gepaardgaande met sondebelydenis en restitusie en die doop, na bekering, deur onderdompeling. Ons beskou laasgenoemde as ‘n sakrament. Ons glo verder in die sakramente deur Jesus ingestel, naamlik die heilige nagmaal, voetewassing van die heiliges en die inseëning van kinders. Ons glo in praktiese heiligmaking, gepaardgaande met die najaag van vrede met alle mense, sover dit moontlik is. Ons glo aan die gawes en werkinge van die Heilige Gees, in die volle krag van God’s Gees. Ons glo onomwonde aan die maagdelike geboorte, kruisiging, sterwe en opstandig van Jesus Christus uit die dode, op die derde dag. Ons glo ook dat Hy in die hemel opgeneem is en sit aan die regterhand van God die Vader, as Hoëpriester en Opsiener van ons geloof. Voorts glo ons in die fisiese wederkoms van Christus, op die wolke van die hemel en die gepaardgaande wegraping van sy kerk en kinders, beide lewend en afgestorwe, waarna daar ‘n ewigheid in die hemel, wat Christus vir ons berei het, op ons wag. Ons glo in ‘n fisiese hemel, engele en goddelike wesens en weet ook dat daar ‘n duiwel, met gevalle engele en demone bestaan, wat saam met die verlorenes, wat Christus nie aangeneem het nie, uiteindelik en na die oordeel van God, in die ewige poel van vuur gewerp sal word.  
The purpose of the church is to proclaim the principles of the Bible, as the Word of the Triune God, with the focus on the doctrine of Jesus Christ, as the Head of the church, as determined in the whole of the Holy Scripture, on all levels and amongst all people, according to His will, working towards the edification and extension of the body of Christ on earth and furthermore to convert every member, community and nation into true disciples of Jesus Christ, as well as strengthening the band of unity between believers from all Christian denominations. It is also the purpose of the church to promote a better understanding and collaboration between all people.
We are Pentecostal people that believe that people should be born again through true conversion, accompanied by confession of sins and restitution, and baptism, after conversion, by immersion. We consider baptism as a sacrament. Furthermore we also believe in the sacraments established by Jesus Christ, namely holy communion, washing of feet for the saints and the consecration of children. We believe in practical sanctification, together with the seeking of peace with all people, as far as possible. We believe in the gifts and working of the Holy Spirit, in the full power of God’s Spirit. We believe unequivocally in the virgin birth, suffering, crucifixion, death and resurrection after three days, of Jesus Christ. We also believe in His ascension to heaven and that He sits at the right hand of God the Father, as High Priest and Steward of our faith. Furthermore we believe in the physical returning of Jesus Christ, on the clouds of heaven, together with the snatching away of His church and children, both alive and passed away, towards an eternity in heaven, prepared for us by Christ Himself. We believe in an actual heaven, angels and Godly beings en also know that there is a devil, with fallen angels and demons, that will finally, together with those that reject Christ, after the judgement of God, be cast into the pool of fire, which is hell.       
AI Website Generator